Tuesday, July 21

Dadelfees in Liwa

Eers moet ek vir die ouens wat nie weet nie, se “ek eet nie dadels nie”. Die naaste wat ek aan ‘n dadel kom is wanneer ek ‘n snytjie dadelbrood met dik botter op sal eet. So skoon of selfs opgedollie met sjokolade en neute vat ek nie aan dadels nie. Dus was daar ‘n wenkbrou of twee gelig toe ek se ek wil gaan kyk wat by die dadelfees gebeur. Dit is die 5de dadelfees wat gehou is in Liwa deur die Abu Dhabi Culture & Heritage komitee met die doel om die “heritage” van Abu Dhabi te probeer behou.

Page1

Ek moet eers vir julle vertel dat Liwa Oasis so 150 km van Abu Dhabi is op die noordelike grens van dike Rub Al Khali woestyn. Daar is so rondom 50 klein nedersettings oor ‘n afstand van 100 km. Ry mens verby die Muzayri oasis is jy lekker reg binne in die woestyn. Dit word ook die “empty quarter” genoem en is reg langs die grens van Saudi. Terloops as jy sou wou kan mens daardie grens of duin oorsteek, aangesien daar geen grenspos is nie. Ek wat nog altyd gedink het die heerser-familie kom van Al Ain het nou geleer dat die Liwa Oasis die geboorteplek van die oorspronklike heerser-familie van Abu Dhabi en Dubai is en in 1793 het die Al Nahyans eers hulle huis van Liwa af geskuif Abu Dhabi toe.

Page2

Die terrein/tente is spesiaal vir die geleentheid opgeslaan en anders as by ons huis op die oomblik, het hulle lekker aircon. En orals is net dadels en dadels en nogmaals dadels. Ek kry ook kans om met een van die arabiere te gesels oor die verskillende soorte en hy vertel my van die Khalas, Saqi, Majdoul, Fardh, Barhi en Dabbas dadels en watter een nou die lekkerste smaak. En ek het gedog dis almal sleg. Een van die hoofdoele van die fees is om die kultur van die palmbome en dadels te laat “herleef” en dadelkwekers kan hulle dadels inskryf vir die kompetisie. Vir die eerste keer kon die mense die dadels wat ingeskryf is ook proe. Die Arabiere voel in die gesig gevat as mens nie ‘n “geskenk” – in hierdie geval dadels vat en dit eet nie en ek het al my wegsteek vernuf moes gebruik dat hulle nie sien ek vat en bere dit om later vir Nelmari, Eddie of Charmaine te gee nie. Die koekies het ek darem geeet so al rondom die binneste dadelstuk :-)

. Page3

Met ons besoek was daar reeds 57 dadelboere wat ingeskryf het vir die eerste kompetisie wat hulle “Bou Maan” noem. In elke kategorie sal daar 15 wenners aangewys word. Die eerste drie plekke in elke kategorie sal elkeen ‘n 4x4 landcruiser wen en die res van die deelnemers sal ‘n bedrag van dhs3.5 miljoen deel. Daar is vyf kategoriee en dus 15 Landcruisers wat wag om ‘n baas te kry. Hulle staan buite die tent met groot strikke om en wag – laaste foto.


Page4

As ek nou my eie storie in die rede kan val. Mens ry 3+ uur vanaf Abu Dhabi soontoe en nog langer vanaf Dubai. So kom Charmaine se broer en sy gesin ook deur om die festival by te woon en arriveer so 11 uur waar hulle voorgekeer word saam met ander deur sekuriteit – een of ander royal kom besoek en hulle moet maar 4 uur terug kom – kan jy dit glo!

Page5

Ons het gewonder hoekom die mense by die ingang voorgekeur word, maar op ‘n manier het ons verby geglip en ingekom. Miskien met al die kameras het hulle gedink ons is van die pers :-). Hierdie ouens voel net niks vir niemand nie en as die royals kom, moet almal spring. Ons het so saam-saam met die belangrike gas die uitstallings bekyk sonder om in sy pad te wees :-).

Dis nie al wat daar gebeur het nie, ek vertel later.

Lekker dag..

11 comments:

Anonymous said...

Eish. Daar is BAIE dadels! :-0

Man, Sandra, ek HOU van die Arabs! Aircons in die tente?? Whoa! G'n wonder julle loop so baie rond nie. :-)

Mariette. said...

Dit lyk lekker, Jaco het net noudie dag oor dadels geblog- want ons het ook na 'n jaar en pr mnde besluit dat ons seker moet proe hoe dit proe. ....

Vertel gou- het mens 'n 4x4 nodig om daar by die fees uit te kom?

lekker dag!

Ronelle said...

hmmmmm dadels....

Sandra said...

Ons loop nie rond nie Boendoe hoe kan jy so se? Maar ja selfs die hitte is teveel vir hierdie ouens wat voorheen in tente tussen die duine gebly het.

Dis 'n vierbaan snelweg na Liwa toe deur die woestyn Mariette. Julle klim net op daai pad wat daar voor by julle verby ry en volg die geel bordjies wat se "Date Festival".

Veral met sjokolade en neute ne Ronelle? :-)

Thea said...

Sandra ek is self nou ook nie eintlik 'n dadel-eter nie maar my ma is gek oor dadels. Ek koop baie keer sommer vir haar 'n pak as ek iewers van dit raakloop. Sy sou haarself nou gate uit geniet het tussen al hierdie dadels!! Stem saam dat 'n dadelbroodjie met lekker dik botter nie te versmaai is nie! Ek het ook 'n lekker resep vir tipsy tert wat dadels in kry en met room versier word!

Ek's darem bly om te hoor dat die "pers" toegelaat is en nog 'n onderhoud ook kon voer! Dankie vir hierdie interessante inskrywing oor die dadelfees.

Desire Fourie said...

'n Mens kan sien hulle weet om 'n fees behoorlik to organiseer. Van soveel dadels het ek nog nooit gesien nie. Ag nee, eet jy nie eers typsy tert nie!
Mooi bly.

Sandra said...

Thea hier het hulle selfs dadel melkskommel en ek's seker dit smaak nie sleg nie, maar jinne ek kan dit nie eet nie.

Desire as ek hoor 'n ding het dadels in, probeer ek dit nie eers nie :-)

Ronelle said...

Sjoe Thea, nou het jy my lus gemaak vir tipsy tert!!

Ja nee Sandra, jy kan gerus vir Monique se waar om daardie lekker sjokolade dadels wat jy vir my gebring het te koop!!

Ek het spesiaal eendag toe sy skype vir haar die lee houer gewys - maar sy se sy het dit nognie in Dubai gesien??!!

Nimsi se Blog said...

Hoera vir die "MAMMA-RATSI"!
Laat my nou wonder wat Hilda van 7de Laan tussen al daardie Dadels sou doen...

Sandra said...

Dit het nou niks met tipsy tert te doen nie, maar Nelmari soek daai broodjie resep van Hennik asb. As iemand weer na jou toe gaan stuur ek vir jou van daai dadels ok!?

Seker saam met die ouens hier sap, melkskommel, terte, koekies, stroop, ens. ens. maak Nimsi. Lekker om van jou te hoor!

Charmaine said...

Ek sal maklik van dadels kan leef. Dis koningskos... soet wonderlike medisyne, so se my Arabier kollega en ek stem saam..